Donderdag, 22 Oktober 2009, sal ‘n dag wees wat ons nie sommer sal vergeet nie. Die wete dat die bereiking van die droom uiteindelik waar word was ‘n groot oomblik.
Hoe sê mens dankie? Woorde ontbreek! Namens die bestuur, personeel en inwoners kan ek u verseker dat ons hoë waardering het.
U skenking gaan nie net ‘n impak maak op die hede nie, maar ook op die toekoms se besparing van water en elektrisiteit.
Die storte gaan ons ook in staat stel om die inwoners langer selfversorgend in Silwerkroon te hou.
Dra asseblief ons dank oor aan al die Lumahelpts donateurs.
Die wiele is aan die rol. Daar is reeds material aangekoop en begin met uitbreek van muur. Ons sal vir julle gereeld foto’s stuur.
Die Here se seën word julle toegebid.